Ons spandeer baie tyd om te probeer wegdoen en wegkom van enigiets wat moeilik of onaangenaam is. Of dit nou groot uitdagings of klein jakkals-probleempies is, ons probeer dit vermy.
Sodra jy ‘n effense hoofpyn voel, soek jy gou ‘n pilletjie. Dalk dink jy baie aan jou kollega by die werk, wat net soveel meer vir jou omgee, as jou eie huweliksmaat, van wie jy in ieder geval wil skei.
As ons doel in die lewe is om probleme te vermy, gaan dit verseker ons siening van God beïnvloed. Ons geloof in God waarborg nie dat ons geld in die bank sal hê, ons nie meer eensaam gaan wees nie, en ons nie met sonde gaan worstel nie. In der waarheid is die lewe regtig moeilik. God draai ons nie in ‘n soort kokon toe om ons teen elke probleem te beskerm nie.
Maar hier is die goeie nuus. God gebruik probleme en druk om ons lewens te vorm en om ons soos Sy seun, Jesus, te maak. In plaas daarvan om al jou probleme op te los, wil God dalk jou probleme gebruik om jou te leer om Hom beter te leer ken en om Hom absoluut te vertrou. Psalm 46:2 “God is vir ons ‘n skuilplek en ‘n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde.”
Seëngroete van ROHSA