icon-newsletter

Ordelike reëls

 

Wanneer jy ‘n polisie beampte langs die pad sien staan, vang jy jouself dat jy net so ‘n bietjie meer versigtig bestuur en alles probeer reg doen? Daar is iets aan iemand in uniform wat ‘n indruk op ons maak. God se indruk is veel magtiger as ‘n polisiebeampte sin.

1 Petrus 5:5 sê: “God weerstaan die hoogmoediges.” Wanneer jy hierdie vers ontleed, kry jy die idee dat God in opposisie is met trotsheid. Maar daar is ook goeie nuus. 1 Petrus 5 gaan voort deur te sê “maar aan die nederiges gee Hy genade”. Net soos ‘n polisiebeampte wat op ‘n oproep reageer, kom God tot ons redding wanneer ons in afhanklikheid na Hom uitroep.

Wanneer jy jouself in ‘n moeilike situasie bevind, wat is jou reaksie, bid jy daaroor? 

Om jouself in ‘n posisie van nederige gebed te plaas, is soos om ‘n noodnommer te skakel. Maar as jy probeer om dinge self uit te sorteer, gaan jy dalk weerstand ervaar van die sterkste persoon waaraan jy kan dink.

Seëngroete van ROHSA