icon-newsletter

Openbare en private lofprysing

Nancy vertel ons dat sy baie jare gelede ‘n ervaring gehad wat sy nooit sal vergeet nie. Sy het in ‘n vriend se huis gebly en in die middel van die nag het sy wakker geword en iemand hoor sing..

’n Nigeriese pastoor en sy vrou was ook gaste in daardie selfde huis. In die slaapkamer langs hare het hierdie dierbare paartjie “How Great Thou Art” gesing — stadig, maar hardop, met hul swaar Nigeriese aksent, en jy kon hoor hoe hulle met hul hele hart elke woord bedoel het .

Sy het eers gewonder of sy engele hoor sing, maar toe sy besef wie dit is wat sing, het sy gehoor hoe anders hierdie paartjie se sang was, as die manier waarop so baie van ons in die kerk sing. Ons sing skaars, ons woorde is so sag terwyl ons eintlik die musikante op die verhoog dophou.

Ek dink David het net soos daardie egpaar, uit sy hart gesing toe hy die woorde van Psalm 103 neergeskryf het: “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.”

Ons moet nie net toeskouers wees nie. Laat jou siel toe om sonder skaamte sy stem te vind in vreugdevolle lofprysing.

Seëngroete van ROHSA