Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons streef baie dinge na, maar streef ons na Liefde?
Kom ek lees vir julle ‘n briefie wat ons ontvang het: “Dit het my vyf jaar geneem, maar ek is op die punt om my meestersgraad te voltooi. Dit was so moeilik om dit te doen terwyl ek werk, maar ek het aangehou om daardie doelwit na te jaag. In die strewe na my graad, het my huweklik dood gegaan. Ek weet nie. Ek dink ons het liefde vir mekaar het net opgeraak..”
Het jy geweet dat jy aan liefde kan werk, net soos jy moeite doen met enige ander doelwit? Paulus sê in Tessalonisense 3:12 “En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense so groot en oorvloedig maak dat dit net soos ons liefde vir julle sal wees. Mag Hy julle geestelike lewe so sterk maak dat julle volkome in julle toewyding, voor ons God en Vader sal staan, wanneer ons Here Jesus kom saam met almal wat aan Hom behoort.”
Daardie soort liefde moet eers van God af, in ons kom. Dan word dit ‘n bewuste keuse om die behoeftes van iemand anders voor ons eie te stel, ongeag van hoe ons voel. Word die liefde in jou meer, dag vir dag? Is jy oorvloedig in liefde, loop jy oor daarvan?
Seëngroete van ROHSA