icon-newsletter

Oortuiging is liefde

 

Terwyl ek besig was om my Bybel te lees, het God my herinner aan iemand wat ek baie sleg behandel het. Ek het probeer om my optrede te regverdig, en om daarvan te vergeet. Maar glo my maar, die volgende dag het ek dit weer onthou! My gewete het my so erg aangekla, dat ek nie op enige iets anders kon fokus sonder om daaraan te dink nie. Ek kon nie eens bid nie. Eers toe ek dit met die persoon gaan regmaak het, kon ek ‘n verligting ervaar.

Ek is so dankbaar dat God ons nie net alleen laat om aan te hou sondig nie, Hy maak ‘n punt daarvan om jou van die sonde te oortuig. Johannes 16:8 “en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: Van sonde, omdat hulle in My nie glo nie.” 

Dis glad nie lekker wanneer God jou bewus maak van ‘n sonde in jou lewe nie, en dis nie altyd so maklik om dit reg te stel nie. Maar dit wys ‘n belangrike feit uit, en dit is dat God ons verskriklik lief het, te lief om ons net te laat begaan… want sonde bring verwoesting. 

Wanneer God jou oortuig van ’n sonde, is dit ‘n teken en bewys van Sy liefde vir jou! Moenie wag nie, daar is geen beter oomblik om op God se stem te reageer, as juis nou nie.

Seëngroete van ROHSA