icon-newsletter

Oorhandig die gevangene 

 

“As ek hom vergewe, sê jy vir my, hoe weet ek enigiets sal verander? Ek kan hom mos nie net los dat hy aangaan met sy lewe nie?”

Ons het almal ‘n natuurlike begeerte dat geregtigheid moet geskied, maar juis dit kan ons daarvan weerhou om ander mense te vergewe. Ons dink wanneer ons vergifnis aanbied, dit beteken dat die skuldige party “daarmee sal wegkom”. 

Romeine 12:19 sê: “Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.” 

Wanneer ons iemand vergewe, is dit soos om ‘n gevangene te neem wat in ons bewaring was en hom oor te gee aan die Een wat werklik verantwoordelik is en in staat is om geregtigheid uit te voer.

Het jy iemand wie jy in die tronk van onvergewensgesindheid aanhou? Oorhandig die persoon aan God, dit is nie jou werk nie. Wanneer jy die persoon laat gaan, sal jy sien dat jy die eintlike een is wie vrygemaak is.

Seëngroete van ROHSA