icon-newsletter

Onweerstaanbare heiligheid

 

Wat is jou eerste spontane gedagte wanneer jy hoor van iemand wie se lewe as heilig beskryf word?

  • Dis seker ‘n non of ’n priester
  • Dis mense wie se lewe streng en rigied godsdienstig is.
  • Siestog, hulle is seker nie baie pret nie.

Hoor bietjie wat C.S. Lewis oor die onderwerp te sê gehad het: “Hoe min weet die mense, wat dink dat heiligheid vaal en dof is. Wanneer ‘n mens dit werklik raakloop … is dit onweerstaanbaar.”

Jesus was daardie werklikheid- Hy was volkome heilig en vol vreugde. Wanneer ons Hom liefhet en Hom gehoorsaam, sal ons ook gevul wees met vreugde. Ons sal vry wees van die swaar las van sonde en ons sal in staat wees om gehoorsaam te wees aan die Skrif.  Daardie opdrag wat sê: “Julle moet heilig wees, want Ek is heilig” (1 Petrus 1:16).

Sonde sal ons beroof van alles wat ons werklik kan geniet. Maar wanneer ons vergewe is en saam met ons Here in heiligheid wandel, sal ons die vreugde van skoon hande, ‘n rein hart en ‘n skoon gewete ken. Hoekom tevrede wees met enigiets minder?

Seëngroete van ROHSA