icon-newsletter

Onvervulde behoeftes

 

Wanneer jy volgende keer by die supermark se betaalpunt staan, kyk bietjie na die uitgestalde tydskrifte se blink voorblaaie, dit skitter omtrent van beloftes om jou behoeftes te bevredig.

25 Geheime of jonger te lyk; Bederf jouself met lang hare in ‘n kits. Natuurlik kan hierdie tydskrifte nie die beloftes wat hulle maak vervul nie. 

In der waarheid is dat daar soveel hartseer in die lewe omdat mense leë beloftes najaag. Jong mense verruil hulle maagdelikheid vir leë beloftes. Getroude vrouens soek vervulling in die arms van ‘n ander man by die werk. Dit het ook al daartoe gelei dat vele paartjies in die skeihof eindig – alles in ‘n poging om ‘n diep, innerlike begeerte of behoefte te vervul.

Die waarheid is dat ons altyd, terwyl ons nog nie in die hemel is nie, onvervulde behoeftes sal hê. As ons hier op aarde konstant na vervulling of tevredenheid soek, sal ons telkens teleurgestel word. Maar as ons toelaat dat ons behoeftes ons aan die hemel herinner, kan ons uitsien na ware tevredenheid tot in ewigheid.

Psalm 37: 4&5 “Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.

Seëngroete van ROHSA