icon-newsletter

Onvergewensgesindheid

 

Weet jy dat dit moontlik is om vir so ‘n lang tyd met onvergewensgesindheid te leef dat ons blind word vir die teenwoordigheid daarvan?

Dalk dink jy “maar ek koester geen wrok nie, my hart is skoon”. Het jy al ooit seergekry as iemand vir jou lieg? Wanneer jy aan daardie persoon dink, skiet daar ‘n gedagte deur jou kop soos “ek gaan nie omgee as iets ergs met hulle gebeur nie”?

Is jy al ooit onregverdig deur ‘n werkgewer behandel? Hoe beinvloed dit jou nou, is jy sinies en suspisieus? Wanneer jy daaraan dink, voel jy steeds kwaad of ongelukkig? Miskien is jy in ‘n sake transaksie verneuk. Of is jy dalk beswadder of valslik beskuldig? 

Kan jy God dank vir élke situasie in jou lewe soos in Efesiers 5:20 staan “terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus“ — behalwe daardie een spesifieke persoon?

As jy reageer op seerkry uit die verlede met daardie soort stellings, het jy dalk nie werklik klaar vergewe nie. Maar jy kan. God is bereid om ons vir soveel te vergewe, en Hy kan my en jou die krag gee om ander volkome te vergewe. Gaan jy kies om diegene vry te spreek wat jou seergemaak het?

Seëngroete van ROHSA