icon-newsletter

Ontmoeting met die president

 

Gebeur dit soms met jou dat jy konsentrasie verloor wanneer jy tyd in God se  Woord spandeer? Of dat die geringste afleiding soos ‘n telefoonoproep jou sommer heel van koers af kry.

Ek is ‘n redelik afleibare persoon, ek ervaar dat my aandag veral maklik afgetrek kan word juis wanneer ek gaan stil sit om my Bybel te lees. Maar ek het iets belangriks geleer – ek hoef nie elke telefoonoproep te antwoord nie.

Nancy het jare gelede die voorreg gehad om president Ronald Reagan te ontmoet. Omdat sy vir hom en vir die posisie wat hy beklee het ‘n hoë agting en respek gehad het, sou sy nie eens daarvan gedroom het om haar telefoon tydens hulle ontmoeting te beantwoord nie. 

Hoekom sal my tyd met die Koning van konings enigsins anders wees? 1 Kronieke 16:10 “Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.”

God is soveel belangriker en kragtiger as enige president of ampsdraer. En Hy wil ‘n afspraak met jou hê! Gaan jy vandag ononderbroke tyd saam met die Koning van konings in sy Woord en in gebed spandeer?

Seëngroete van ROHSA