icon-newsletter

Ons top prioriteit

 

Vroeër in my lewe was dit maklik om daagliks ‘n uur met God in sy Woord en gebed te spandeer, maar van dat ek kinders het is my tyd beperk. Dit maak my moedeloos, ek wil sommer net handdoek ingooi.

Ek dink elke Mamma het hierdie uitdaging. Ek het aan ‘n ouer vrou gevra wat haar raad sou wees vanuit haar eie ervaring. Sy het gesê dat hierdie seisoen van ‘n vrou se lewe, hom nie altyd leen tot lang kuiers en in-diepte studie tyd van die Woord nie. Selfs ‘n paar verse en ‘n kort gebeds- en aanbiddingstyd het haar deur baie dae gehelp. Solank ons steeds soveel tyd as wat dit prakties moontlik is in die Woord spandeer. Dit moet steeds ons hoof prioriteit wees, hoe kort dit ook al is.

As jy nie ure en ure in die Woord kan spandeer nie, watter ander tydjies kan jy nou daarvoor afknyp? Ek glo wanneer jy dit ‘n prioriteit maak om selfs net oomblikke saam met Hom deur te bring, Hy daardie tydjie sal seën en vermeerder.

Romeine 8:26-28 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet

Seëngroete van ROHSA