icon-newsletter

Ons moet ons ouer Broer naboots 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Daar is geen twyfel dat die verhouding tussen broers en susters uniek is nie … selfs die band van kameraderie is soms uitdagend.

Het jy al ooit ‘n jonger broer sy ouer broer sien naboots? Eintlik tot almal behalwe die jongste, se ergenis!
“Ek is ernstig, stop dit! … Ek is ernstig, stop dit!”
“Hou op om my na te boots! … Hou op om my na te boots!”
“Ek gaan vir Ma sê! … Ek gaan vir Ma sê!”
Ons almal weet hoe irriterend dit kan wees. Alhoewel hierdie scenario net ‘n illustrasie is, het jy geweet die Bybel por ons juis aan om ons ouer broer, Jesus, na te boots?

1 Johannes hoofstuk 2:5 “Maar as mense doen wat God vir hulle sê, dan kan ‘n mens sien dat hulle regtig baie lief is vir God. As ons só lewe, dan weet ons dat ons by God is. As mense sê hulle is by God, dan moet hulle lewe soos Jesus gelewe het..”

Wanneer ander na jou lewe kyk, kan hulle die familie-ooreenkoms raaksien? Met verloop van tyd behoort hulle in jou al hoe meer van Jesus se nederige gees, Sy diensbare hart en Sy bereidwilligheid om namens ander te ly, te begin raak sien.

 

Seën groete van ROHSA