icon-newsletter

Onrein

 

Wanneer ons God se karakter beter leer ken, belig dit ons sondigheid. God het in die 1800’s op ‘n wonderlike manier in Ierland beweeg. Een ooggetuie het gesê dat mense se oortuiging van hulle eie sonde so intens geword het, dat hulle dikwels beangs uitgeroep het: “Onrein, onrein.”

Die Bybel sê vir ons dit is die woorde wat melaatses moes uitroep wanneer hulle naby aan mense gekom het. Een melaatse het Jesus teëgekom en voor Hom gekniel en gesê: “Here, as U wil, kan U my rein maak.” Hierdie man het besef hoe desperaat sy situasie was.  Jesus het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil – word rein!”

Jesus is bereid om dieselfde vir ons te sê, as ons bereid is om te erken hoe onrein ons werklik is. Wanneer ons dit besef, kan ons die offer wat Jesus vir ons aan die kruis gemaak het, opreg waardeer.

Het jy ‘n begeerte dat God jou hart opnuut moet aanraak? Vra Hom dan om jou die  areas in jou hart en lewe uit te wys wat nie rein en skoon is nie. Bedink Sy antwoord en bely dit dan met ‘n gebroke hart voor Hom.

Seëngroete van ROHSA