Het jy al ernstige tuiniers dopgehou? Jy kan hulle maar komplimenteer dat hulle tuin pragtig is, hulle waardeer dit, maar hulle oë is fynkam orals om onkruid wat wil kop uitsteek uit te trek. Ernstige tuiniers wil onkruid vinnig uitroei omdat dit so vinnig versprei.
Mense wat ernstig daaroor is om in heiligheid te groei, weet ook iets belangriks. Sonde is soos onkruid – dit skiet wortel en versprei.
Jakobus 1:21 sê “Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie..”
Wanneer ons na die oorspronklike vertaling kyk, is die idee om alle vuiligheid “dood te maak”. Soos ‘n tuinier die onkruid in sy tuin uitroei, moet ons sonde met wortel en al uitroei. Daarna moét ons wegbly van enige situasie wat ons dalk weer in daardie versoeking kan lei.
Verdra jy enige onkruid in jou tuin? Heiligheid en sonde kan nie sy-aan-sy bestaan nie. As die onkruid van onreinheid onbelemmerd groei, sal dit heiligheid versmoor.
Seëngroete van ROHSA