Ek is ‘n goeie mens. Ek is ‘n Christen. Ek is al van kleintyd af ‘n Christen en het in ‘n Christen familie grootgeword. My prediker het gesê ek is ‘n gered maak nie saak wat ek nou doen nie.
Hierdie is baie mense se gedagtes of ingesteldheid rondom verlossing – dis iets wat met jou gebeur, en dan kan jy maar daarvan vergeet.
Maar die Apostel Paulus het vir die gemeente in Korinte, in 2 Kor 13:5 gesê: “ Ondersoek julleself of julle in ‘n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself.” Hierdie vers impliseer dat daar ‘n deurlopende ondersoek in elke gelowige se lewe moet wees. Iemand wat werklik bekeer is, het Christus so lief dat hulle nie wil hê dat enige soort sonde tussen hulle en Christus sal kom nie.
Het jy jouself onlangs ondersoek? Is jou geloof Christus gewortel? Watter bewys is daar dat jy ‘n deurlopende, lewens-veranderende verhouding met Jesus het?
Seëngroete ROHSA