icon-newsletter

Ondersoek jou gewoontes

 

In die groot Geestelike Ontwaking van die 1700’s, is Jonathan Edwards as prediker vir herlewing, op ‘n kragtige wyse deur God gebruik. Selfs as ‘n jong man het God hom al begin voorberei. God kon alles in sy lewe aangespreek, ook sy eet en drink gewoontes.

Jy sien, Jonathan het homself voorgeneem om elke aand voor hy gaan slaap, vir God te vra of hy deur die loop van die dag, op die beste manier moontlik opgetree het, veral met betrekking tot wat hy geëet en gedrink het. 

Jonathan se absolute lewensdoel was om God te verheerlik. As basis daarvan het hy begin deur 1 Korintiërs 10:31 letterlik op te neem: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”

Jy dink dalk dis bietjie verregaande om elke aand vir God uit te vra oor jou eetgewoontes. Maar…het jy jouself al daartoe verbind om God met elke gewoonte in jou lewe te verheerlik? 

Seëngroete van ROHSA