icon-newsletter

Onderdrukkende werk 

 

Lang ure, ondankbare take en geen etenstye vir ‘n ruskansie nie.

Vir ons moderne ore klink dit of om ‘n huisvrou te wees ‘n onderdrukkende werk is. In Spreuke 31 sien ons ‘n ander prentjie. Die persoon wat hier beskryf word, is nie gefokus op selfvervulling nie. Sy stel nie daarin belang om haar loopbaan te bevorder of bekend te wees vir haar persoonlike prestasies nie. Dit lyk eerder asof sy glad nie bekommerd en gestres is oor hulle belange en behoeftes nie, sy fokus ook baie op die praktiese behoeftes van haar man en kinders.

Die Bybel vertel ons nogal baie van hierdie vrou:

  • Die hart van haar man vertrou op haar.
  • Sy werk met ywerige hande
  • Haar handpalms strek sy uit na magteloses; haar hande steek sy uit na behoeftiges.
  • Haar mond maak sy oop met wysheid, en liefdevolle onderrig is op haar tong.
  • Haar kinders tree na vore en noem haar gelukkig; haar man, hy besing haar lof.

Sy klink nie vir my na ‘n onderdrukte vrou nie. DIs vir ons ‘n bekende Skrifgedeelte, maar het jy self al tyd geneem en dit mooi bestudeer om op jou eie lewe toe te pas?

Seëngroete van ROHSA