Ons kan so maklik dink dat ons is soos ons is as gevolg van die situasie waarin ons onsself bevind. Ons emosies kan ons laat voel dat ons anders kan wees, as ons omstandighede maar net anders was – meer geduldig, meer liefdevol, makliker om mee saam te leef.
Indien ons omstandighede kon veroorsaak dat ons op ‘n spesifieke manier optree, dan sê ons vir mekaar dat ons almal slagoffers is. Ons het dan nie self ‘n keuse of verantwoordelik nie, en ons kan dit nie verhelp om te tree soos ons doen nie.
Maar daar is ‘n waarheid: Ons omstandighede maak nie van ons wie en wat ons is nie. Omstandighede openbaar net wat werklik in ons karakter opgesluit is.
“Ek was nooit ’n ongeduldige mens nie—totdat ek hierdie tweeling gehad het!” Rêrig? Hierdie ontstoke ma was eintlik nog altyd ‘n ongeduldige mens gewees; sy het dit net nie besef nie, totdat God nuwe omstandighede in haar lewe in gebring het. God wil haar dalk wys hoe sy regtig is sodat Hy haar kan verander.
Die omstandighede van die lewe kan baie moeilik wees, maar dit is geen verskoning vir sonde nie. Vra God om jou te wys hoe jou karakter regtig is, sodat Hy jou kan verander na Sy wil. Psalm 138:8 “Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!”
Seëngroete van ROHSA