icon-newsletter

Omdat Jesus gesterf het

 

Waarom moet ons versigtig wees om nie te sondig nie? Hamer die dominee nie onnodig daarop nie? 

Wanneer ons werklik ingestel is om op God se liefde te fokus, sal ons gemotiveerd wees om sonde so ver as moontlik te vermy. Die besonderse liefde wat God vir jou en my het, is wat Jesus na sy kruisdood gelei het.

‘n Uitgesproke skrywer het eens geskryf: “Die mens wat homself kan indink hoeveel pyn, angs, hartseer en verlatenheid Jesus aan daardie kruishout ervaar het, en steeds vasklou aan daardie sondes waarvoor Christus daardie lyding ondergaan het, is sekerlik in ’n ongesonde toestand van siel.”

Jesus het nie daardie verskriklike leiding deurgegaan sodat ons ‘n paspoort hemel toe kry nie, dit terwyl ek en jy aanhou om ons sondes van woede, jaloesie, seksuele begeertes en trots te geniet nie. Jesus se dood gee aan ons die motivering en krag om nee te sê vir die versoeking van sonde, en ja vir die strewe na reinheid in elke area van ons lewens.

2 Koritieërs 5:14 Die liefde van Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het. Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

Wanneer jy vandag wel versoek word, stop vir die oomblik en fokus jou hart op die kruis van Jesus jou verlosser.

Seëngroete van ROHSA