Het jy opgesien om na die fondsinsamelings funksie toe te gaan? Gevoel jy wil eerder net ‘n donasie stuur of op die meeste vinnig jou gesig wys dat mense darem kon sien jy was daar.
Onthou, dit is moontlik om te gee sonder om dit in liefde te gee.
Waarom gee jy? Is dit om deur ander mense raakgesien te word en hulle lof te verdien? Is dit uit ‘n gevoel van verpligting en skuld? Daar is ‘n hele paar jammer hartige motiveerders in vergeleke met agape liefde, daardie liefde wat ons ander se behoeftes help bevredig sonder om iets in ruil te verwag. Jesus het in Markus 12 ‘n paar kwaai woorde te sê gehad vir mense wat net gegee het om deur ander raak gesien te word.
Die apostel Paulus sê ook in 1 Kor 13:3 “En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kan beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie.”
Soos iemand eenkeer gesê het, “Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.” Vra God om jou met Sy liefde te vul. Om met die regte gesindheid te gee sal dan ‘n natuurlike uitvloeisel wees.
Seëngroete van ROHSA