icon-newsletter

Om ouers te sien bid 

 

Ma’s, julle besef dalk nie hoe belangrik dit is dat julle kinders sien julle spandeer tyd met God nie.

Ek kan onthou hoe ek soms in die oggende wakker geword het met die geluid van iemand wat huil, net om my ma op haar knieë te sien bid. Dit was vir my ‘n geweldige troos om my ma daar op haar knieë te sien – net sy en haar God. Ek sal dit vir ewig onthou.

Dit is ‘n merkwaardige sekuriteit vir kinders om te weet dat hulle ma reeds vir hulle gebid het wanneer sy hulle in die oggend wakker maak. Vandag nog, wanneer ek versoek word om my tyd met God te ignoreer, onthou ek die beeld van my ma en pa wat tyd met God spandeer.

Ons kinders moet weet dat die woorde van Jesaja 50:4 ook waar is vir ons: “Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed in praat. Elke more laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ‘n leerling moet luister.”

Deur my ma dop te hou het ek geleer om my eie stiltetyd met God in te stel. Dankie Mamma!

Seëngroete van ROHSA