Om ander te bemoedig is regtig belangrik. Maar as vrouens moet ons versigtig wees om veral nie ander mans op ongesonde maniere aan te moedig nie.
Die dwase vrou waarvan ons in Spreuke 7 lees, lok ‘n jonger man in ‘n immorele verhouding in. Sy sê in vers 15 “Ek het na jou toe gekom. Ek het na jou gesoek en hier het ek jou nou gekry.” Hierdie vrou buit die jong man se behoefte aandag uit. Op hierdie manier bewerkstellig sy hierdie man se morele verval.
Getroude vroue moet ook versigtig wees om nie ontevrede met hulle eie mans en huwelike te voel, wanneer hulle bewonderenswaardige eienskappe in ander se huwelike en mans sien nie.
Dis goed om ander te bemoedig, ons dra die evangelie van versoening so uit. Vra steeds altyd vir God om vir jou wysheid, sensitiwiteit en die regte woorde te gee om ander mee te bemoedig.
Seëngroete van ROHSA