icon-newsletter

Om jou kinders te laat gaan 

 

Ek dink dis vir elke ouer moeilik om hulle volwasse kinders te groet wanneer hulle weg trek, maar ek dink dis veral moeilik wanneer jou kinders halfpad om die aarde trek. Een van my vriendinne moes presies dit verwerk toe haar dogter met haar hele gesin, met ander woorde ook haar twee kosbare kleinkinders, ver weg trek om in Cambodja te gaan sendingwerk doen. Net voordat hulle sou vertrek, het ek my vriendin gevra of dit nie vir haar vreeslik swaar was nie.

Haar antwoord het my so verras! Sy het vir my gesê: Nee vriendin, dis gladnie vir my swaar nie. Ek kan nie dink aan iets beter as wanneer jou kinders hulle lewe wil neerlê vir die Evangelie nie. Die deel wat nie maklik is nie, is dat ons weet ons gaan hulle nie gereeld gaan kan sien nie, maar daarom sien ons so uit na die Ewigheid.” Net soos daar in 1 Korintiers 7:17 staan “Hoe ook al, laat elkeen leef in ooreenstemming met wat die Here aan hom toegedeel het, soos God elkeen geroep het.”

Liefdevolle ouers wil verseker hulle kinders en kleinkinders naby aan hulle hê, maar wysheid lê daarin wanneer jy weet jy offer alles op sodat jou kinders God se plan vir hulle lewens kan uitleef.

Seëngroete van ROHSA