icon-newsletter

Om gelukkig te wees 

Baie vroue dink hulle moet ‘n man hê om gelukkig te wees. As ‘n baie klein dogtertjie begin die droom lewe kry, eers ‘n droomprins, dan ‘n kêrel en dan die droom man.

Die huwelik is verseker ‘n goeie geskenk van God. Dit is God se plan vir die meeste mense. Maar om God se plan te volg, wat dit ook al behels, bring meer vreugde in ons lewens, as wat ‘n huwelik kan doen.

Een van ons luisteraars vertel ons: “Om te trou was vir my so belangrik dat ek nie vir God gevra of gewag het nie, ek het dinge op my eie gedoen. Nou het ek ‘n man, maar ons verhouding kan nie regtig groei nie. Ons doen nie baie dinge saam nie. Die meeste van my vriende is steeds my kerk vriende, terwyl hy en die meeste van sy vriende, gladnie waarde daaraan heg nie.”

“As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” Psalm 27:13

Soek jy jou geluk in verhoudings, of kyk jy na Christus vir jou vreugde. Vertrou jy God vir Sy plan?

 

Seëngroete van ROHSA