icon-newsletter

Om die simptome te ignoreer 

“Lyk my nek vir jou rooi? Sien jy ‘n bytplek of iets? My nek bly seer.”
“Ek sien nie iets nie. Dit kan ‘n bietjie rooi wees.”
“Ek dink jy moet dalk eerder by jou dokter ‘n afspraak maak .”

Wanneer jy een of ander fisiese simptoom ervaar, wil mens seker maak alles is oukei. Maar wanneer jy begin dink iets is geestelik verkeerd, is jy dan ook so versigtig? Probeer jy dan ook om vinnig die probleem te diagnoseer?

Wanneer ons gewete ons pla, moet ons by die wortel van die probleem uitkom. Om sonde in ons lewens te ignoreer is selfs gevaarliker as om koors, uitslag of pyne te ignoreer. Wanneer jou gewete jou volgende keer pla, moenie net die simptome ignoreer nie. Gaan sit by God, vra Hom uit oor Sy diagnose, en vra Hom dan ook om jou te wys hoe om dit reg te stel.

2 Petrus 3:2 stel dit so: “Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.”
En nou weet ons ook al, dis ‘n daaglikse ondersoek en wegdraai van sonde.

Seëngroete van ROHSA