icon-newsletter

Om daarmee weg te kom 

 

“Jy kan sondig en daarmee wegkom.” Dit is een van die leuens wat Satan vir ons oor sonde vertel. Ons hoor dit in baie vorme. Tog, die waarheid bly staan, sonde is altyd gevaarlik.

Al dink baie mense wanneer jy versigtig is, dit veilig sal wees. Nee, die waarheid is, ons sal maai wat ons saai.

Galasiërs 6:7 “Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai! Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.”

Nog ‘n waarheid is dat elke keuse wat ons maak gevolge sal hê. Al is jou verskoning: “Ek kan myself nie help nie.” Jakobus 1:14 “Elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie begeerte meegevoer en verlei word. Dan, wanneer die begeerte bevrug is, gee dit geboorte aan die sonde, en wanneer die sonde volgroei is, gee dit geboorte aan die dood.”

Ons kan nie met sonde wegkom nie, maar ons kan dit bely aan ‘n God wat ons liefhet en gereed is om te vergewe. Dit bly die reine waarheid. 

Seëngroete van ROHSA