icon-newsletter

Nuwe en ou skatte

 

Waarom moet ons as gelowiges, nog steeds die Ou Testament lees? Baie mense is skepties en dink daar is seker goeie gedeeltes – as jy net eers verby al die geslags registers en wette kan kom.

As jy nog nooit die rykdom daarvan ervaar het om die hele Bybel te lees nie, wil ek vir jou aanmoedig want ek dink jy mis uit. Die temas wat deur die Bybel loop is soos ‘n tapeserie wat versigtig aanmekaar geweef is. Deur na die groter prentjie te kyk, kan ons die wonderlike verhaal van verlossing wat God ons gegee het, beter verstaan en waardeer.

Jesus het vir Sy dissipels in Matteus 13:52 gesê: “Elke skrifgeleerde wat ‘n dissipel word van God, die Koning wat in die hemel is, is soos iemand wat ‘n huis het en wat nuwe goed en ook ou goed uithaal uit sy stoorkamer wanneer hy dit nodig het.”

Persoonlik vind ek dit nuttig om die Ou en Nuwe Testament op dieselfde tyd te lees. Dit is vir my so opbouend om te sien hoe die Nuwe Testament die Ou Testament verklaar, en hoe die Ou Testament die fondasie vir die Nuwe Testament is.

Het jy al die ou en die nuwe skatte waardeer wat jy in God se hele Woord kan ontdek?

Seëngroete van ROHSA