Het jy vandag weer rekenaarspeletjies by die werk gespeel? Of kon jy nie, omdat jou baas heeldag oor jou skouer geloer het?
Wanneer iemand jou dophou, affekteer dit jou gedrag. Ons is geneig om ons self beter te gedra wanneer ons tussen ander mense is, as wanneer ons alleen is. Die Apostel Paulus herinner ons egter daaraan dat ons nooit alleen is nie. In 1 Tim 5:21 sê hy “ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus en die uitverkore engele om jou aan hierdie voorskrifte te hou sonder vooroordeel of partydigheid”.
Met ander woorde, Jesus sien wat jy doen, God sien en engele sien. Dit behoort jou te bemoedig om die regte ding te doen.
Volgende keer as jy alleen is en versoek word om te sondig, onthou dat jy nie regtig alleen is nie. Selfs as jy dink daar is niemand naby nie, moet jy steeds aan God verantwoording doen. Hy sien alles. Dit is eintlik wat dit beteken om in vrees van die Here te leef.
Seëngroete ROHSA