Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Dink jy dankbaarheid is iets wat op ‘n lys van goeie eienskappe moet wees? Dit lyk dikwels of kinders van God ‘n dankbare houding sien, as iets, wat nou nie juis ’n noodsaaklike komponent van ‘n Christen se karakter hoef te wees nie. Tog dink meeste Christene nie hulle is ondankbaar nie.
Dankbaarheid weerspieël jou ingesteldheid teenoor God. 2 Timoteüs 3 lys ondankbaarheid as ‘n ingesteldheid van “die mense wat wel ‘n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken.”
Ons kan nie in ons geloof volhard sonder dankbaarheid nie. Romeine 1:21 sê ”want alhoewel hulle God ken, het hulle Hom nie as God geëer of gedank nie”.
Ongeag in watter stadium of seisoen van die lewe ons is, moet ons altyd eerstens daarop ingestel wees om dankbaar teenoor God te wees – vir alles en in alle omstandighede. Ons moet Hom in die goeie tye prys en in die slegte tye aanbid, want dankbaarheid is fundamenteel in ons verhouding met God.
Kan jy sommer nou, so uit die vuis uit, aan iets dink waarvoor jy God vandag kan loof en dank?
Seën groete van ROHSA