icon-newsletter

Nog ‘n Helper

 

God het nog nooit van ons verwag om ‘n Christelike lewe te lei sonder die hulp en bystand van die Heilige Gees nie. Geestelike groei vind nie plaas wanneer ons ‘n skynheilige front voorhou nie. Ook nie wanneer ons net nog harder probeer, of meer dinge vir God wil doen nie. Ons put ons krag uit ons wandel met die Heilige Gees.

Galasiërs 5:16 “Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie.”

Die Heilige Gees gee ons die krag om God te gehoorsaam, Hy help ons om voluit te leef soos God bedoel het. In Johannes 14 sê Jesus “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid… Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie.”

Het jy vanoggend die Heilige Gees, ons Emmanuel gevra om jou vandag te help, te bemagtig en te lei?

Seëngroete van ROHSA