In vandag se tye, is baie vrouens se mans is nie by die huis nie. Hulle is dalk fisies nie by die huis nie, of hulle kan hulle self emosioneel distansieer.
Vereis jou man se werk dat hy soggens wanneer dit nog donker is al moet ry, en dan keer hy eers terug wanneer dit alweer donker is – daarom sien jy en julle kinders hom selde. Of is jou man by die huis maar lê heelaand passief op die bank, hy kan net sowel net nog ‘n meubelstuk wees?
Nancy vergelyk hierdie vrouens se situasie met die vrou in Spreuke 7:19 “My man is nie by die huis nie, hy is op ‘n lang reis.” Hierdie spesifieke vrou was ongelukkig op die punt om ‘n verhouding aan te knoop met ‘n jonger man, omdat haar eie man se afwesigheid haar na liefde laat soek het.
Ware, goddelike liefde bly egter getrou, selfs al is die man afwesig. Hoewel jy eensaam kan voel, verheerlik jy God deur getrou te bly aan jou huweliksmaat. 1 Korintiers 4:1-2 “Só moet mense ons beskou: as diensknegte van Christus en as bedienaars van die verborgenhede van God. Boonop word van sulke bedienaars verwag dat elkeen van hulle getrou bevind sal word.”
Te midde van jou man se afwesigheid, kan jy steeds al jou hartsbegeertes met God deel, want Hy alleen is by magte om jou en jou man se harte aan te raak.
Seëngroete van ROHSA