Meer as ‘n eeu gelede is ‘n gesang geskryf wat ons help om te verstaan wat dit beteken om ons self volkome aan God oor te gee.
Neem my lewe laat dit Heer, U gewy wees meer en meer.
Het jy al ‘n onvoorwaardelike, léwenslange oorgawe aan Christus gemaak?
Laat my hart gedurig juig en van dankbaarheid getuig. Neem my hande, maak hul sterk- diensbaar in u goeie werk.
Neem my stem en laat my sing- Aan U, Here, hulde bring. Laat my mond dié boodskap dra: Hul sal vind wat na U vra.
Neem my goud en silwer, Heer, niks noem ek my eie meer.
Hoor jy? “Niks noem ek my eie meer.”
Al my kennis en verstand, stel ek in u vaderhand.
Maak my hart vir U tot troon deur u Gees wat in my woon. Rig my wil, gevoel en daad. Altyd na u wyse raad.
Neem my lewe laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer..
Seëngroete van ROHSA