Vrede, vreugde, ‘n tuiste in die hemel en voorspoed. In ons hedendaagse evangelisasie gesprekke is dit die soort dinge waarop ons geneig is om te fokus – “Kom na Jesus toe, en Hy sal van al jou probleme ontslae raak.”
Maar Jesus het reguit vir sy volgelinge gesê om hul kruis op te neem en Hom te volg – om ter wille van Hom te ly. Deur daardie roeping te ignoreer, is ek bevrees het ons ‘n generasie sagte, broos dissipels voortgebring; wat nie die durf en ruggraat het vir die uitdagingings en geestelike gevegte rondom ‘n Christelike lewe nie. Wanneer ons voor beproewinge en versoekings te staan kom, kerm en kla ons en mik vir die maklikste uitweg?
Die apostel Paulus het verstaan dat lyding noodsaaklik is. Ons lees in Handelinge 14:22 Hy en Barnabas het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom,” het hulle gesê.
Wanneer jy dus beproewinge in die gesig staar, onthou dit beteken nie dat God jou in die steek gelaat het nie. Indien jy Hom toelaat, sal Hy eintlik daardie beproewing wil gebruik as ‘n manier om jou te seën en om jou meer soos Sy Seun te maak.
Seëngroete van ROHSA