Vrede, vreugde, voorspoed en ‘n tuiste in die hemel – dit is die soort dinge waarop baie hedendaagse evangeliste fokus: Kom na Jesus toe, en Hy sal van al jou probleme ontslae raak.
Maar die Woord sê Jesus het sy volgelinge geroep om hul kruis op te neem en Hom te volg – om ter wille van Hom te ly. Deur daardie roeping te ignoreer, is ek bevrees, het ons ‘n generasie van volgelinge voortgebring, wat nie baie stamina het vir die geestelike gevegte wat ‘n Christelike lewe vra nie. Wanneer hulle beproewinge en versoekings teëkom, kerm en kla hulle en soek na die vinnigste ontsnappingsroete.
Mattheus 16:24 “Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 25 Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”
Ons lees ook in die apostel Paulus se briewe dat hy verstaan het dat lyding noodsaaklik is. Hy het bevestig dat ons vir die koninkryk van God, wel deur verdrukking sal moet gaan.
Wanneer jy dus wel beproewinge in die gesig staar, onthou altyd, dit beteken nie dat God jou in die steek gelaat het nie. As jy Hom toelaat, sal Hy juis daardie beproewings gebruik om jou te seën en om jou meer soos Sy Seun te maak.
Seëngroete van ROHSA