icon-newsletter

Nederigheid en regte 

Ek het ‘n paar jaar gelede begin om ‘n lysie saam te stel, wat die eienskappe van trotse mense kontrasteer met die van nederige, gebroke mense.

Trotse mense moet bewys hulle is reg. Byvoorbeeld, hulle moet altyd die laaste woord inkry. Nederige mense gee hul regte prys, soos die reg om “reg te wees.”

Hier is ‘n paar verskille wat ek uitgevind het oor die manier waarop ons ons regte beskou:
Trotse mense eis hul regte op, jy ervaar hulle gewoonlik as veeleisend…
terwyl nederige mense ‘n sagmoedige gees het.

Trotse mense is selfbeskermend. . . op hulle tyd, hul regte en hulle reputasie. Nederig en gebroke mense is selfopofferend – op die regte tyd kan hulle eie begeertes en verlange terug staan vir ander.

Jakobus 4:6 sê: “God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense,
maar aan nederige mense gee Hy genade.”

Sou jy jou regte aan God se wil kon oorgee? Vra Hom om ‘n gebroke, nederige hart in jou te kweek.

 

Seëngroete van ROHSA