icon-newsletter

Nederige reaksies 

 

Soms laat God moeilike dinge in ons lewens toe, sodat ons van ‘n harde klip hart genees kan word. 

Ons kan op verskillende maniere op druk en probleme reageer. Soms reageer ons met trots. Soos Buks reageer het toe die maatskappy bankrot gespeel het. “Ek sal hulle wys! Ek gaan ‘n nuwe besigheid bou en hulle almal plat vee!”

Ons kan ook wanhopig reageer. Buks kon ook gesê het: “Ag wie flous ek nou eintlik, ek sal nooit weer werk kry nie”.

Of ons kan kies om in nederigheid te reageer. Sou Buks se vrou nie eerder by hom wou staan as hy verklaar het: “God het ‘n plan met ons en vir ons, al beteken dit dat ek moet vloere vee. Ons het God lief, en ons is geroep volgens Sy doel, nie waar nie?”

Met die druk wat jy vandag in die gesig staar, gaan jy kies om in nederigheid te reageer? Laat God jou lewe vorm deur hierdie probleme en druk wat jy ervaar. Hy gee vir ons hierdie versekering in Jakobus 4:10 “Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”

Seëngroete van ROHSA