Ons lees soms in die media van jong akteurs met hope selfvertroue of bestuurders wat groot maatskappye tot nuwe hoogtes lei. Oral in die nuus lees ons van mense met sekere eienskappe wat suksesvol is en bevorder word.
Die wêreld bewonder mense wat selfversekerd en selfs verwaand is. Maar dit lei weer tot trots, en dis teenstrydige met God se vereiste van nederige harte. Die “eie ek” in trots lei ons uiteindelik tot opstandigheid en isolasie van God. 1 Samuel 15:23 “Opstandigheid is net so ’n oortreding soos waarsêery, en hardkoppigheid is net so ’n sonde soos afgodery.”
Dit is waarom ‘n ware geestelike herlewing altyd voorafgegaan word deur God se kinders wat eerstens totaal en al nederig voor Hom kniel .
Jy ken jouself, is jy te self-versekerd, opstandig en trots of nederig, gebroke en oorgegee aan God? Dink aan Jesus se woorde in Lukas 14 vers 11 “want die hoogmoediges sal verneder word, maar die nederiges sal vereer word.”
Seëngroete van ROHSA