icon-newsletter

Naaman se oorgawe

 

Naaman was ‘n suksesvolle offisier in sy weermag, wat gerespekteer was en ook aansien en rykdom gehad het. Maar… hy het ook melaatsheid gehad. Naaman het besef hy het God se hulp nodig, maar hy wou die terme van sy genesing voorskryf. Hy wou in beheer bly.

Ons lees sy verhaal in 2 Konings 5. Naaman was verontwaardig toe God se profeet nie dinge op sy manier wou doen nie. Hy sê in vers 11 “Ek het darem gedink hy sou uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die melaatsheid wegneem.

Later, nadat ‘n paar ware vriende met hom gepraat het, het Naaman nederig geword, God gehoorsaam, sewe maal in die Jordaan rivier gebad, toe eers is hy genees.

Wat is jou Jordaan rivier? Dalk moet jy as kerkleier jou sonde voor die gemeente belei, of dalk moet jy teenoor ‘n vriendin erken wat jou behoefte is en vra dat sy saam met jou daarvoor bid? Vandag wil ek ‘n ernstige beroep op jou maak, gee beheer oor, raak nederig en gehoorsaam God sodat jy ook kan rein wees.

Seëngroete van ROHSA