Kan jy aan enigiemand dink wat jou al kwaad aangedoen het maar wie jy nog nooit vergewe het nie?
Nancy vra daardie vraag gereeld wanneer sy oor vergifnis praat. Sy het dit al vir meer as tien duisend mense gevra—insluitende jarelange gelowiges, Bybelstudieleiers en Christenwerkers. Met byna elke geleentheid, steek 80 tot 95 persent van die gehoor hulle hande op.
Dit beteken dat die meerderheid mense wat Sondag na Sondag in die kerk sit, onvergewensgesindheid in hul harte rond dra. Hulle is verseker in gevaar om in die strik te trap waarvan Hebreërs 12:15 praat. Onthou jy, ons het dit gister ook gelees: “sodat geen wortel van bitterheid opskiet, en moeilikheid veroorsaak, en baie daardeur besoedel word nie.”
Dink vir ‘n oomblik daaroor na, word jy straks nou herinner aan iemand wat jou kwaad aangedoen het, wie jy nog nooit vergewe het nie? Jy kan vandag daardie wortel van bitterheid uitkap met die beslissende keuse van vergifnis..
Seëngroete van ROHSA