Ek hoor gereeld van vroue wat vertel dat hulle vreeslik graag tyd in gebed en in God se Woord sou wou spandeer. Maar met kinders kry hulle nie eintlik kans om dit te doen nie. Wanneer hul dit wel regkry om alleen tyd met God deur te bring, help dit hulle baie om die dinge van ma-wees beter te hanteer.
Dit kan moeilik wees om ‘n konsekwente stiltetyd te ontwikkel wanneer daar soveel eise van ander mense is. Daarteenoor kan ons ander net soveel beter bedien wanneer ons vanuit God se krag optree. Mense wat tyd met God deurbring het ‘n merkwaardige uitwerking op ander.
Ons lees in Eksodus dat wanneer Moses tyd met God spandeer het, daar ‘n wolkkollom afgedaal het tot voor sy tent se deur. Wanneer Moses dan uitgekom het, het sy gesig gegloei van God se glorie. Sodra die mense die wolkkolom gesien het, het elkeen by die ingang van sy eie tent gebuig in aanbidding.
Sien jou kinders, jou man of kollegas die glorie van God op jou gesig? Of sien hulle die frustrasie van iemand wat dinge op haar eie manier probeer doen? Inspireer God se teenoordigheid in jou lewe ander tot aanbidding van Hom?
Seëngroete van ROHSA