Stel jou voor jy ry langpad, die natuur is pragtig, die son skyn en die voëltjies sing. Dan besef jy skielik dat die landskap verander het, jy’t ‘n woestyn in gery!
Baie keer is ons geestelike lewens ook so. Die droë, eensame tye kom wanneer ons dit die minste verwag. Sommige van my laagste oomblikke het gekom net na ‘n seisoen van groot deurbrake in die bediening. Ek het tot die slotsom gekom dat die volgende stop na seën en oorwinning, dikwels die woestyn is.
Die kinders van Israel het dit ervaar. Eksodus 16 vertel ons van ‘n groot oorwinning teen die Amalekiete, en toe kom hulle by die woestyn Sinai.
Maar God was by sy volk in die woestyn en het dinge oor Homself openbaar wat hulle andersins nooit sou verstaan het nie. God doen presies dieselfde met ons. God is met ons in tye van seën, maar Hy is ook by ons op ‘n baie spesiale manier wanneer ons deur moeilike woestynervarings gaan. Lees Eksodus 14:5-29 Daar is ‘n belofte in vers 13 ”Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.”
Seëngroete van ROHSA