In praktyk, hoe lyk die karakter van iemand wat ‘n bekeerling is, iemand wat hartseer, spyt of berouvol voel oor hulle eie sonde?
Dis iemand wat sal sê “ek is dankbaar vir die teëspoed wat ek beleef het, want toe het ek verseker meer tyd in gebed spandeer en kon God vir my sonde in my lewe uit wys”.
Dis iemand wat alleen en persoonlik tyd met God spandeer. Dis iemand wat nie omgee wat “ander” mense doen nie, maar gehoorsaam is in dit wat God vir haar sê om te doen. Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Dis iemand wat kies om die Waarheid te bedink en te glo, en nie tyd mors om leuens en versoekings te oorweeg nie. Dis iemand wat dadelik reageer wanneer God met haar praat.
Omdat ons almal steeds sondig, moet ons soos ingeoefende atlete vinnig uit die blokke wees, om berouvol te voel wanneer ons verkeerd optree en dadelik ons sonde te bely en dan weg te bly daarvan.
Seëngroete van ROHSA