Een van die aangrypendste psalms wat ooit geskryf is, is die lofprysing van Maria van Nasaret in Lukas 1 vanaf vers 46 “My siel loof die Here, my gees jubel oor God my Verlosser, want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien. Kyk, van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem, want die Magtige het groot dinge vir my gedoen – ja, heilig is sy Naam.”
Hierdie is nie net ‘n spontane lofprysing nie, Maria se lied het ten minste ‘n dosyn aanhalings uit die Ou Testament. Meisies in daardie tyd kon nie formele onderig ontvang nie, maar nogtans het hierdie jong meisie God se Woord geken!
Ek bewonder Maria, want wie van ons ken God se Woord so goed dat ons ‘n lied kan saamstel uit verskillende Skrifgedeeltes?
In vers 52 sing sy “Magtige heersers het Hy van hulle trone afgestamp, en nederige mense belangrik gemaak. Honger mense het Hy by ’n feesmaal laat aansit terwyl die rykes met leë hande moes wegstap.”
Hoe gaan ek en jy God se Woord so goed leer ken dat ons vir Hom lofsange kan sing – deur vandag en elke dag, tyd in Sy Woord deur te bring!
Seëngroete van ROHSA