Sien jou kinders een sy van jou by die kerk en ‘n ander kant by die huis? Wys jy vir hulle waar in die bybel staan dit dat jy nie mag jok nie en dan stuur jy die volgende oomblik vir jou werk ‘n boodskap dat jy siek is, sodat jy tyd kan kry om te gaan inkopies doen?
Soms vergeet ouers hoe ‘n groot inpak hulle, op hulle kinders se lewens het. Kinders besef wat werklik aangaan, hulle weet wat hulle ouers se ware standaarde is. Hulle hoor en sien hoe ouers mekaar verneder. Hulle sien watter programme die grootmense kyk, en vir watter tipe grappies hulle lag.
So as jou kinders so groot word en eerder lief is vir wêreldse dinge, en nie eintlik omgee oor geestelike waardes nie… Gaan jy onskuldig wees, as jy eendag moet rekenskap gee oor die kinders wat God aan jou toe vertrou het? Die Woord sê in Timoteus 5:8 “Maar as iemand nie na sy eie mense omsien nie, en veral nie na sy huisgenote nie, het hy die geloof verloën, en is hy slegter as ‘n ongelowige.”
Terwyl jy vandag jou keuses uitoefen, onthou dat jou hart se ingesteldheid teenoor heiligheid, ‘n direkte invloed op die volgende generasie en jou eie nageslag het.
Seëngroete van ROHSA