icon-newsletter

‘n Verskoning vir vleeslikheid

Nancy getuig dat sy tydens ‘n lang seminaar fisies en emosioneel uitgeput was. Sy het negatief geraak en moeilik met die mense om haar saamgewerk. Sy het haar gedrag geregverdig deur dit toe te skryf aan haar uitputting.

Dit was toe dat ‘n vriendin haar in die oë gekyk het en gesê het: “Moenie dat moegheid ‘n verskoning vir vleeslikheid wees nie.” Dit was nie iets wat sy op daardie oomblik wou hoor nie, maar dit was presies wat sy moes hoor.

Jy gaan verseker ‘n paar uitdagings hierdie week beleef. Dit voel dalk vir jou of jy niks anders doen as werk, kosmaak, skoonmaak, die kinders versorg, rekeninge betaal en dan doodmoeg in jou bed val nie. Daar is niks daarmee verkeerd om te erken dat jy moeg is nie. Dit is ook reg om in desperaatheid na God uit te roep. Dis ook heeltemal aanvaarbaar om ander vir hulp te vra. Maar dis nie aanvaarbaar om te sondig nie.

Petrus bemoedig ons met hierdie woorde in 1 Petrus 5:6 “Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom…. Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg.”

Wanneer jou energie opraak voor jou lys van take voltooi is, onthou: Moenie dat moegheid ‘n verskoning vir vleeslikheid word nie.

 

Seëngroete van ROHSA