icon-newsletter

‘n Verdraaiing 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ons almal kan aan huwelike dink wat nie die Woord van God se ideaal volg nie. Ons het al gehoor van verskriklike gevalle van mans wat hul vrouens mishandel, en omgekeerd. Daar is ook minder dramatiese situasies waar mans passief is, waar vroue hul mans verkleineer of oordonder. Dan is daar selfs die wat nooit met mekaar gesels nie.

Ons moet erken dat geeneen van hierdie situasies God se plan weerspieël nie. Dit is verdraaiings van die plan wat Hy in plek gestel het.

Die God wat mans roep om lief te hê en opofferings te maak vir hulle vrouens, wil juis nie hê dat mans hulle mishandel of oorheers nie. Dit bedroef Sy hart, net soos wanneer vroue hulle mans minag. Die God wat intelligensie, gawes en vermoëns aan Sy kinders gegee het, wil ook nie hê dat mans of vroue passief moet wees nie.
Hebreërs 13:4 “Die huwelik moet in alle opsigte eerbaar gehou word”
Moenie toelaat dat ‘n verdraaiing van God se plan jou daarvan weerhou om die seën van daardie plan te ervaar nie.

 

Seën groete van ROHSA