icon-newsletter

‘n Tree in nederigheid

 

Elkeen van ons weet in ons hart wanneer daar iets is wat ons gaan “moet” doen.

Moontlik moet jy teruggaan na iemand wie jy om vergifnis moet vra of dalk is dit dat jy jou versoekings met iemand moet deel wat saam met jou daaroor kan bid. Ongelukkig kan trots ons dikwels weerhou om daardie eerste tree te neem.

Nancy vra dikwels by die konferensies wat sy aanbied, vir die vroue: “Hoeveel van julle weet dat God wil hê jy moet ‘n treë in nederigheid neem, maar daar is binne jou ‘n innerlike konflik daaroor – dit is vir jou net te moeilik om die eerste tree te gee?

Gewoonlik is daar baie hande wat opgesteek word. Dit kan nodig wees dat ons herinner word om die wit vlag van vrede op steek en oor te gee deur te sê “Ja Here”. Hoe langer jy uitstel, hoe moeiliker word dit om God te gehoorsaam. As jy dalk op hierdie oomblik ‘n stryd het wat in jou binneste woed, wil jy nie die wit vlag waai en oorgee nie?

1 Petrus 5:6 “Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.”

Jy kan jouself nie indink hoe groot die vreugde is wat vir jou wag wanneer jy in nederigheid oorgee en aan God gehoorsaam is nie.

Seëngroete van ROHSA