icon-newsletter

‘n Stryd tydens gebed

 

Is daar iets waarvoor jy al lankal bid? Die Bybel sê vir ons dat terwyl ons bid, daar ‘n geestelike stryd aan die gang is teen die goddelose magte van die duisternis. Ons leer bietjie daarvan in die lewensverhaal van Daniël. Toe hy een keer gevas en gebid het, is ‘n engel na hom gestuur. Maar vir een-en-twintig dae is die boodskapper deur gevalle engele teëgestaan. Na ‘n groot geveg het hy uiteindelik opgedaag om Daniël die antwoord te gee.

Ons kan nie alles wat in die geestelike realm aangaan ten volle verstaan nie, maar ons weet dat ons in gebed moet volhard. Miskien het jy gebid, nie vir een-en-twintig dae nie, maar dalk vir een-en-twintig jaar. Moenie opgee nie! Jy het geen idee wat God agter die skerms doen nie en ook nie wanneer Hy die antwoord of uitkoms stuur nie.

1 Tessalonisense 5:17 “Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.”

Seëngroete van ROHSA