Seksuele versoekings en verleiding is oral, ons kan dit nie mis kyk of ontken nie. Hoe kan ons daarvoor nee sê?
1 Korintiërs 10:12 “Daarom moet hy wat dink hy staan, oppas dat hy nie val nie!” Verseker kan mens nie arrogant wees, en dink dat jy verhewe is bo versoekings nie, want dan gaan jy beslis in die slaggat trap. Daar is ‘n belofte op gesluit in vers 13: “Geen versoeking het oor julle gekom, behalwe ‘n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur.”
1 Petrus 1:13 “Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.”
God kan jou help om ‘n strategie te ontwikkel om nee te kan sê vir versoekings, wanneer jy Sy aangesig en leiding soek.
Seëngroete van ROHSA