Ai, ‘n mens kan mos die hele nag in jou bed rondrol, terwyl jy probeer om planne te maak om jou famililielid wat so kritiek siek is, te help. Hoe dikwels lê ons slapeloos in die nag met ons bekommernisse .
Wanneer ons uiteindelik ingee en sê:” Here, ek hou nie van hierdie situasie nie, maar ek vertrou U. Ek kan nie hierdie probleem op my eie hanteer nie.” … nét daar, ervaar jy daardie wonderlike Goddelike vrede.
Dit klink mos soos Jakob se verhaal. Hy het ook met al sy probleme probeer om planne te beraam, totdat hy een aand alleen met God ‘n ontmoeting gehad het.
Ons lees die verhaal in Genesis 32:22 waar Jakob letterlik die hele nag lank met God gestoei het. Hy het geweier om op te gee, todat sy heup uit pooitjie geslaan is en hy uitgeput besef het, dat hy nooit in staat sal wees om God te beheer nie.
Hy was gebroke, sy liggaam het gepyn, selfs sy naam is verander, maar hy was ‘n nuwe man.
Is daar enige omstandighede in jou lewe wat jy probeer beheer of manipuleer. Dalk is dit tyd vir ‘n ontmoeting met God …en ‘n totale oorgawe aan Sy wil.
Seëngroete van ROHSA